Vickery se liggaam is na die staatslykshuis geneem.
Omdat sy geen dokumente aan haar gehad het nie, kon niemand haar familie laat weet nie.
Op Facebook is talle foto’s van Vickery geplaas en sonder ophou het haar familie nog steeds na haar gesoek, min wetend dat hul ma reeds dood is.
Op Vrydag 8 April het ’n joernalis van Witbank Nuus ’n foto van die toneel gekry.
“Die vrou se gesig het so bekend gelyk, ek het geweet ek het haar iewers al gesien,” het die joernalis gesê.
Nadat sy die familie se plasings op Facebook en Vickery se foto gesien het, het sy geweet dis dieselfde persoon.
“Dit was ’n emosionele tweestryd. Hoe stuur jy ’n foto van ’n liggaam aan die familie sodat hulle hul ma kan uitken?”