TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
Pollevink ww., het gepollevink. (geselstaal) Ook soms pollievink, selde pollefink en verouderd polevink. Vry, opsit of kuier; sin. polla (geselstaal; verouderend): “Pollevink, Pa, handjies vashou en so en so.” “Dis die so en so wat my onrustig maak” (Mikro: Span, 1965, 65). Ons kry berge werk — die een wat dink hy kom universiteit toe om te kom pollevink, maak die fout van sy lewe (M. Maartens in Huisgenoot, 4 Des. 1980, 80).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’