Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 8 Oktober in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (voëls), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp. September se voorgeskrewe onderwerp was Long exposure.
FOTOGALERY: Fotos van die maand: Eden Photographic Society (EPS)
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Oktober is:
- Senior wenner: Marlize van der Merwe se pears (visuele kuns).
- Junior wenner: Job Ubbink se Dubai at night (voorgeskrewe onderwerp).
- Junior naaswenners: Marianna Erasmus se Got you (natuur); Lucia greeff se dubbel roep (natuur) en Michael de Nobrega se Standoff (natuur).
EPS sterstatus bevordering:
Baie hartlik geluk aan Job Ubbink en Liana Hoffman wat bevorder word na 4 sterstatus asook Hendrik Janse van Rensburg en Nico Jansen van Rensburg wat na 1 sterstatus bevorder word.
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’