Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 9 Julie in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (voëls), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp Feathers.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Julie is:
- Senior wenner: Elaine van der Toorn se Four Monks (fotojoernalistiek).
- Senior naaswenner: Pierre Jordaan se Parliament guard in Athens (fotojoernalistiek).
- Junior wenner: Kitty Steyn se Drone keep up with drifting car (fotojoernalistiek).
- Junior naaswenner: Marinda Coetzee se Vroegaand (landskappe).
- Junior naaswenner: Job Ubbink se The overcrowded metro (fotojoernalistiek).
EPS sterstatus bevordering:
Baie geluk aan Gerda Fouché wat bevorder is na 5-sterstatus. Welgedaan!
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
FOTOGALERY: EPS se wenfoto's vir Julie 2024
Kitty Steyn se Drone keep up with drifting car (fotojoernalistiek) is die wenner van die junior kategorie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’