Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Eden Photographic Society (EPS) se maandelikse byeenkoms het op 13 Augustus in die Diaz Hotel plaasgevind.
Daar is sewe kategorieë vir foto-inskrywings, naamlik: menslike portrette, landskappe, natuur (voëls), fotojoernalistiek, ope-afdeling, visuele kuns en 'n voorgeskrewe onderwerp.
Augustus se voorgeskrewe onderwerp was DOF - Depth of Field.
Wenners
Die algehele wenfoto’s vir Augustus is:
- Senior wenner: Johan van Aarde se Blouvalk2 (natuur).
- Senior naaswenner: Marlize van der Merwe se Om die wêreld (ope-afdeling).
- Junior wenner: Marianna Erasmus se Splash (visuele kuns).
- Junior naaswenner: Liana Hoffman se Lets play (voorgeskrewe onderwerp).
EPS sterstatus bevordering:
Baie geluk aan Lorinda Claassens wat bevorder is na 2 sterstatus. Welgedaan!
Alle belangstellendes en fotografie-entoesiaste is welkom om by die klub aan te sluit. Vir enige navrae oor die klub kan Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671) gekontak word.
Lesers kan ook EPS se Facebookblad besoek - Eden Photographic Society.
FOTOGALERY: Eden Photographic Society se wenners
Pierre Jordaan se Parliament guard in Athens (fotojoernalistiek) is die Julie naaswenner in die senior kategorie.
Gerda Fouche se Speel die bal (fotojoernalistiek) is 'n wenner in die senior kategorie.
Marianna Erasmus se Splash (visuele kuns) is Augustus se wenner in die junior kategorie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’