Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaaiers moet weer aanpas by die lewe met beurtkrag.
Maar wat dink ons kleintjies van beurtkrag? En verstaan hulle wat beurtkrag is?
Mossel Bay Advertiser het met graad R-leerders by Diaz Primêre Skool oor beurtkrag gesels.
Die kinders weet wanneer dit skielik donker raak, beteken dit dat beurtkrag toegeslaan het.
Eskom het Saterdag, 22 Februarie aangekondig dat beurtkrag vinnig sal terugkeer. Meeste Mosselbaaiers het op Sondag, 23 Februarie, wakker geword met vier uur se onverwagte beurtkrag.
Volgens dr Kgosientsho Ramokgopa, minister van elektrisiteit en energie, sal beurtkrag na verwagting teen die einde van die week opgeskort word.
Wat is beurtkrag?
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’