MOSSELBAAI NUUS - 'n Bejaarde vrou is op 3 Maart om omstreeks 22:00 in haar woning in Calitzdorpsingel, Aslapark, deur drie onbekende mans oorrompel, met messe gedreig en van haar besittings beroof.
Die drie het te voet met die vrou (79) se handsak, selfoon en televisie ontvlug. Die slagoffer het geen beserings in die voorval opgedoen nie.
Die ondersoekbeampte, ao Geoffery Moos (079 894 1599) van die KwaNonqaba-polisie se ondersoekeenheid, versoek die gemeenskap om hom met enige inligting oor die voorval te kontak.
Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'