Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO- Net sowat 500m van die ongelukstoneel op Woensdag, 21 Julie op die N2 naby Klein-Brakrivier waarin 3 insittendes van ‘n vragmotor beseer is, het daar vanmiddag Maandag 26 Julie weer ‘n vragmotor die pad verlaat.
Die ongeluk het net na 14:00 plaasgevind.
Die bestuurder, wat die enigste insittende was, is met meganiese toerusting deur nooddienste uit die wrak gehaal. Die trok het op sy dak te lande gekom en die beseerde is deur agterruit uit die wrak bevry.
Fotogalery: Ongelukstoneel na Klein-Brakrivier
Die beseerde man is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling.
Kyk 'n video hieronder:
‘n Omstander kruip in die vragmotor in om te sien of die bestuurder beseer is.
Foto: Pieter Erasmus
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'