MOSSELBAAI NUUS - Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur naby die glybaan op Louis Fourieweg, rigting Marshstraat waar ‘n manlike voetganger omstreeks 17:15 raakgery is.
Polisie en nooddienspersoneel is op die toneel.
Die voetganger word tans op die toneel behandel. Die aard van sy beserings is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'