GROOT-BRAKRIVIER NUUS - ‘n Voertuig het vanoggend, 25 September, langs die N2 rigting Mosselbaai naby Groot-Brakrivier in ‘n stilstaande vragmotor vasgery.
Die vragmotorbestuurder het sy vragmotor by ‘n piekniekarea parkeer en was glo besig om ‘n maaltyd te geniet toe hy ‘n slag hoor die oomblik toe ‘n voertuig die vragmotor van agter tref.
Nooddienste en polisie was op die toneel en die bestuurder van die voertuig is na die George-hospitaal geneem met ligte beserings.
Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie. Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’