MOSSELBAAI NUUS - Een persoon is dood nadat ‘n voertuig vanmiddag in die veld naby die Robinsonpas aan die brand geslaan het.
Volgens inligting is brandbestryders en nooddienspersoneel op die toneel en is die oorledene steeds in die voertuig.
Volgens munisipale woordvoerder, Cornelle Carstens het die veld ook aan die brand geslaan.
“Spanne is op die toneel en is besig om die brand te blus.”
Die omstandighede van die voorval is nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'