MOSSELBAAI NUUS - Die Vroue-landbouvereniging (VLV) se 89ste SWD-Sirkelkonferensie is op 1 Maart met groot sukses in George gehou.
Dié dag is een van die jaarlikse hoogtepunte vir lede regoor die SWD-streek.
Die George- en Blanco-takke het die dag gesamentlik georganiseer.
Sanette Louw, voorsitter van die George-tak, het die konferensiegangers vooraf welkom geheet, waarna afgevaardigdes en gaste deur Elize Locke, SWD-sirkelpresident tot orde geroep is. Behalwe vir takafgevaardigdes en dagbesoekers, is die konferensie ook ondersteun deur die VLVK-president, Estelle du Plessis en haar eggenoot Christo, Marie Louw (oudsirkelpresident van Tygerberg),Vonesse Gerber (oudsirkelpresident van Griekwaland-Wes) en oudsirkelbestuurslede Johlene Muller (Voëlvlei), Mona van Vuuren (Blanco), Anita Fourie (Diepkloof), Luelza Barnard (Diepkloof) en Rita Burger (Hartenbos).
Elize Locke het 'n uitstaande presidentsrede gelewer en die VLVK-president, Estelle du Plessis, het 'n besondere motiveringsaanbieding gedoen. 'n Vredeskers is tydens hierdie geleentheid deur Marie Louw van George aangesteek. Dié kers simboliseer verbintenis met vroue oor die hele wêreld.
Meriete-toekennings vir 2022 se VLVK-kongres is aan die volgende persone oorhandig:
Leefstyl (borduurwerk): Johlene Muller eerste plek, asook mees uitstaande artikel in Leefstyl
Masjienwerk: Sandra Nolte - 3de
Hekelwerk: Elize Locke - 5de en Trienie Barnard - 6de
Weefwerk: Retha Nagel - 4de
Kunste en Handvlyt (skildery): Tina Erasmus - 3de, asook die mees uitstaande artikel vir Kunste.
Die mees uitstaande Kunste en Handvlyt-artikel op die SWD-konferensie is, vir haar woordkuns aan Ada Gericke (Voëlvlei), toegeken.
Die hoogtepunt van so 'n konferensie is altyd die oorhandiging van toekennings vir die spesiale kompetisies wat deur die sirkelpresident toegeken word.
Die Simply the Best-trofee vir die beste tak in die sirkel is aan Klein-Brakrivier toegeken en die Uitblinker-trofee vir die uitblinkertak en die Johlene Muller-skild vir die hoogste persentasie in lede styging, is albei aan Calitzdorp oorhandig.
Na afloop van hierdie 89ste SWD-sirkelkonferensie word daar reggemaak vir die jaarlikse Kongres in Augustus, wat hierdie jaar in Hartenbos deur die Voëlvlei-tak aangebied sal word.
Estelle du Plessis (VLVK-president), Elize Locke (SWD-president) en Sandra Nolte (SWD-sekretaris).
Lede van die SWD-sirkelbestuur is van links, agter: Valeria Terblanche (sameroeper: Opvoeding en Kultuur), Carol Scott (tesourier), Helene Swanepoel (sameroeper: Gesondheid), Sanette Louw (sameroeper: Openbare Sake), Trienie Barnard (sameroeper: Kuns- en Handvlyt) en Sandra Nolte (sekretaris). Voor: Christene Coetzee (vise-voorsitter en sameroeper: Leefstyl), Elize Locke (president) en Lydie Terblanche (sameroeper: Landbou en Tuinbou).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’