MOSSELBAAI NUUS - Die laaste ding wat 'n visserman verwag is om 'n slang uit die water te trek.
Dit was egter presies wat Saterdagmiddag met Ludwig van Veijeren gebeur het.
Hy was oudergewoonte by Klein-Brakrivier besig om grunters te vang, toe die onverwagse besoeker sy verskyning maak.
"Ek het halflyf in die water gestaan, toe ek voel, daar gaan my lyn," het Van Veijeren aan die Mossel Bay Advertiser gesê.
Die pofadder kort nadat dit uit die water getrek is.
Hy sê die hoek van sy lyn het die kant van die slang se vel gehaak en hy die pofadder na die kant gebring het.
Hy het daarna Mosselbaai se brandweer gebel. Met hulle aankoms het hulle die slang verwyder en op 'n ander plek vrygelaat.
Van Veijeren sê hy hoop nie hy kry sommer gou weer só 'n vangs nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’