Update
MOSSELBAAI NUUS - Nog twee klagte van verkragting is vanoggend, op 17 November op die klagstaat gevoeg in die saak van ‘n 51-jarige man van Sonskynvallei wat van die verkagting van 'n 8-jarige meisie aangekla word. Die drie slagoffers is na wat verneem word familie van mekaar.
Inwoners van Sonskynvallei het voor die Mosselbaai-landdroshof bymekaar gekom en 'n petisie aan die landdros oorhandig.
Inwoners dring daarop aan dat die verdagte nie op borgtog vrygelaat kan word nie.
Die verdagte is verlede week in hegtenis geneem nadat 'n buurvrou onraad vermoed het en een van die slagoffers genader het.
Volgens die polisie het die beweerde verkragtings vermoedelik oor ‘n geruime tydperk onder meer by die verdagte se woning in Sonskynvallei plaasgevind. Een van die slagoffers is na bewering R5 betaal na afloop van een van die beweerde verkragtings.
Die verdagte is werksaam by die Mosselbaai-munisipaliteit en het na wat verneem word in Sonskynvallei gewerk.
Hy bly in aanhouding en sal weer op 21 November in die hof verskyn.
Gemeenskapslede van Sonskynvallei het by die Mosselbaai-landdroshof bymekaar gekom nadat 'n inwoner van die woongebied van die verkragting van 8-jarige meisies aangekla is.
Donalda Bantom van Concerned Women of South Africa en Minni Lucas van Concerned Women of Mossel Bay het die hofverrigtinge bygewoon.
Die ondersoekbeamptes in die saak is sers Mantshadi Mofokeng en ao Tatta Marks.
Vorige artikel: Man in aanhouding na beweerde verkragting van 8-jariges
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'