MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Unieke uitstalling word by die Dias Museum ten toon gestel wat die seelewe van verskeie vissoorte, skulpdiere en vele ander van die plaaslike en oorsese spesies insluit.
Arno Munro, senior kommunikasiebeampte by die Departement Landbou, Visserye en Omgewingsake het die uitstalling oor 'n tydperk van 33 jaar versamel en verskeie van die items met papierpap gemaak om vir toeriste, skole en belangstellendes die unieke marine stelsel uit te beeld wat mens nie alledaags sien nie.
Belangstellendes kan nog tot môre (Dinsdag) die uitstalling by die Dias Museum besoek wat saam met Wêreldoseanedag val op Dinsdag, 8 Junie.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'