MOSSELBAAI NUUS - Die Tuine & Tossels Vrouegroep het onlangs hul maandelikse oggendbyeenkoms by die Kleingeluk-plaas in Hartenbos aangebied.
’n Bestuurslid en haar span fasiliteer elke maand die geleentheid. Die geleentheid het ook as die groep se jaarafsluiting gedien.
Die bekende Suid-Afrikaanse musikant, Blackie Swart, het musiek en vermaak verskaf.
“Dit was ’n waardige afsluiting van ’n jaar wat gekenmerk is deur diensbaarheid, samesyn en die strewe om ’n verskil te maak,” sê ’n lid, Biancé Kearney.
Hierdie maandelikse geleenthede sluit inspirerende gassprekers in, asook ’n gemeenskapsgerigte herwinningsprojek.
Kouse, skoene, beddegoed, plantjies en ander items word ingesamel en aan Benevolent Park geskenk.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’