MOSSELBAAI NUUS - Verken Mosselbaai se pragtige natuurlandskap deur ‘n staptog aan te pak! Mosselbaai het verskeie staproetes, wat elkeen hul eie unieke uitsigte en ervarings aanbied, vir jou om dié vakansieseisoen te oorweeg.
Onthou om water saam te neem, dra behoorlike stapskoene, 'n hoed, ligte baadjie en sonskerm.
Groot-Brakrivier dorp loop
'n Baie maklike 5km-sirkelstap om die Groot- Brakriviermond. Dit begin naby diem biblioteek in Langstraat, en gaan oor die brug in die dorp.
Die paadjie neem omtrent 'n uur en keer terug oor 'n ander brug net stroomaf. Wees op die uitkyk vir kormorante en ander voëllewe by die rivier en riviermond. Dit is gratis om by die stap aan te sluit en
kaarte is by die Groot-Brakrivier-museum beskikbaar.
Vuurtoring Pelgrimstog van Hoop
Die Vuurtoring-roete vorm deel van die Pelgrimstog van Hoop-roetes in Suid- Afrika.
Dié tog neem jou van Mosselbaai na Agulhas oor 337 kilometer se asemrowende uitsigte, deur fynbos en
pragtige landskappe. Jy kan kies om een van twee korter roetes te doen (Malgas na Stilbaai of Malgas na Agulhas).
Mosselbaai het 16 oornag herberge waar jy voorsien word van 'n bed, badkamer, 'n aandete en 'n kosblik vir die volgende dag.
Wolwedansdam Staptog
Dié 3km eenrigting-staproete sal jou langs die Groot-Brakrivier lei tot by die uitkykpunt by die Wolwedansdam.
Die staptog behoort ongeveer twee uur te duur. Dit is 'n pragtige rivierstaptog met baie voëllewe.
Om die ingang na die roete te kry, volg Charlesstraat in Groot-Brak, in 'n noordelike rigting verby die twee kerke aan die regterkant van die pad.
Voertuie kan by die munisipale parkeerarea geparkeer word. Hierdie staptog kan ook gedoen word deur by die Pine Creek karavaanpark te begin.
St Blaize-Staproete
Die St. Blaize-roete is ‘n gewilde 13,5 km (ses uur) staptog wat die 30 meter kontoer langs die kranse weswaarts van die Kaapse St. Blaize-vuurtoring volg.
Dit begin by die grot onder die vuurtoring, en eindig by Danabaai (jy kan dit in enige rigting stap), en is gemerk met die teken van die swarttobie.
Parkeerplek is beskikbaar by beide die St. Blaize-grot én Danabaai. Die roete is ver van hoofpaaie en Mosselbaai se middedorp. Moet liewer nie die roete alleen stap nie.
Pasop vir slange, veral pofadders, wat daarvan hou om langs die roete in die son te bak en dikwels nie van die paadjie sal beweeg nie.
Wees op die uitkyk vir vlieënde gholfballe waar die roete die Pinnacle Pointgholfbaan kruis.
Oestervanger-roete
Die Oestervanger-roete strek oor vier nagte en vyf dae. Dit is 'n begeleide stap van Kaap St. Blaize tot by die Gouritsriviermond.
Daar is geleentheid vir walvis- en dolfynkyk, asook om 'n paar pragtige voëls te sien. Jou bagasie sal per pad vervoer word, jy dra net jou dagrugsak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’