MOSSEL BAY NUUS - Mosselbaaiers word genooi om vroeg Maandagoggend om 06:00, by die St Blaize-grot by die Punt byeen te kom om solidariteit in protes teen die toename in geweldsmisdade te toon.
Na verwagting sal die uitvoerende onderburgemeester, Dirk Kotzé, die wyksraadslid vir die area die groep in die stap om die Punt lei.
Ds. Gielie Joubert sal die geestelike begeleiding hanteer.
Organiseerders van die impromptu byeenkoms Vrydagoggend, 27 Oktober naby Danabaai in protes teen die toename in geweldsmisdade in die land, meen die byeenkoms was 'n groot sukses.
'n Beroep word gedoen op alle Mosselbaaiers om na hierdie en ander byeenkomste op te ruk en aan landbouers hul steun toe te sê.
Vir navrae kontak Pieter Smut by 071 287 7200.
ARTICLE: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NEWS EDITOR
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'