MOSSELBAAI NUUS - Op Vrydag, 12 Oktober, het 12 jaar se skoolgaan vir die graad-12 leerders van Hoërskool Punt tot 'n einde gekom. Vir húlle was dit 'n baie besonderse dag.
Die leerders het onder die klanke van die bekende liedjie, Siembamba, hand aan hand die saal ingestap om vir 'n laaste keer hul plekke as leerders van HS Punt in te neem.
Dit was 'n emosionele byeenkoms vol heimweë en humor toe elk van die graad 12-klasse 'n video wat hul saamgestel het, vertoon het. 'n Baie groot groep ouers en vriende het ook die byeenkoms bygewoon.
Na afloop van die verrigtinge is die matrieks na die Poort, waar hul die tradisionele "sprong" na die grootmenswêreld gemaak het deur met hul skoolklere aan in die see te spring.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'