Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Dakplate het vanaand weens rukwinde by die D'Almeida stadion op Mosselbaai opgelig.
'n Video doen ook die ronde op sosiale media van dakplate wat ná bewering by Seavuna Fishing opgelig het, maar die Mossel Bay Advertiser kon dit nog nie bevestig nie.
Dit volg op 'n vlak 9 waarskuwing van wind en donderstorms wat die Tuinroete vanaand omstreeks middernag sal tref en tot môreaand sal voortduur.
Intussen is die Wes-Kaapse rampbestuursentrum op 'n hoë-gereedheidsgrondslag nadat 'n waarskuwing van swaar reënval, skadelike winde en hoë seedeinings deur die Suid-Afrikaanse weerburo uitgereik is.
Dit is die eerste keer wat 'n vlak 9 waarskuwing in die Wes-Kaap uitgereik is.
VIDEO: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’