MOSSELBAAI NUUS - 'n Sonvis wat meestal in die diepsee aangetref word, het verlede week op Hartenbosstrand uitgespoel.
Die oseaan-sonvis is 'n baie groot vis met 'n vreemde vorm wat so genoem word weens die gewoonte om op hulle sy te dryf om sodoende deur die son warm gebak te word.
Volgens kollega, Jannie du Plessis het hy en 'n vriend jare gelede 'n sonvis van bykans 1 ton gevang, terwyl hulle op 'n boot by Richardsbaai gehengel het. Hulle het die vleis van die vis geëet, maar hy sê dis nie 'n lekker eetvis nie. Hulle het die meeste weggegee.
Volgens Google is die sonvis 'n gesogte lekkerny in lande soos Taiwan en Japan. Hulle gebruik die hele vis, van die vinne tot die organe.
Van die liggaamsdele word ook in tradisionele medisyne gebruik. Volgens die bron het die vis 'n unieke smaak wat vergelyk word met seebaars (bass) en kreef.
Die vis het baie grate met 'n sterk smaak. In Asiatiese lande word die sonvis se vleis gebruik as geurmiddel in sop en souse.
Die sonvis wat op Hartenbosstrand uitgespoel het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'