Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Hoërskool Punt se Matriekklas van 1983 het die afgelope Vrydag en Saterdag in die skool se klubhuis vir hul reunie bymekaar gekom.
Hulle wou graag die oomblik deel met diegene wat die verrigtinge nie kon deel nie asook met andere wat straks nog hul skoolgroep onthou. Die verrigtinge het begin met ‘n begeleide toer deur die skool met onderhoof Emiel van Zyl, waarna lekker gekuier is.
Daar is ook ‘n tydkapsule begrawe wat oor 20 jaar opgegrawe gaan word.
Saterdagaand het almal lekker saam hul metgeselle geëet en gedans en heerlik saam met oud-onderwysers Maryna Terblanche, Martie Visagie, Jimmy Eksteen en Francois Lambrecht gekuier.
Saterdagaand het almal lekker saam hul metgeselle geëet en gedans en heerlik saam met oud-onderwysers Maryna Terblanche, Martie Visagie, Jimmy Eksteen en Francois Lambrecht gekuier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'