GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brak-polisie het vandeesweek in Wolwedans op 4 993 pynpille beslag gelê.
Die polisie het inligting ontvang dat dwelmmiddels die gebied in vervoer sou word, asook 'n beskrywing van hoe die persoon lyk wat na bewering die pille in sy besit sou hê.
Lede van die Delta-skof het tydens patrollie op Maandag 26 Januarie 'n 46-jarige man opgemerk wat by die beskrywing gepas het, hom toestemming gevra om hom te deursoek en die pille in sy besit gevind.
Die man is gearresteer en word daarvan beskuldig dat hy die Wet op Medisyne en Verwante Middels oortree het.
Die verdagte is vrygelaat en gewaarsku om op 1 Junie 2027 in die hof te verskyn. Laboratoriumuitslae vir die pille moet eers ontvang word voor die saak in die hof kan voortgaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’