MOSSELBAAI NUUS - Meer as 60 mense, waaronder 'n plaasbestuurder, het vanoggend voor die landdroshof op Mosselbaai bymekaargekom waar 'n plaaslike boer op aanklagte van intimidasie en crimen injuria verskyn.
Die groep is ter ondersteuning van die PBI-groep (plaaslike besorgde inwoners).
Die voorval het op 13 Mei vanjaar in die Herbertsdale-distrik op 'n plaas gebeur waar 'n plaasvoorman en vier werkers besig was om grensdrade te herstel toe hulle deur die beskuldigde genader is. Na wat verneem word het die beskuldigde glo sy vinger na die voorman gewys en toe die k-woord gebruik. Hy het ook na bewering beveel dat hulle sy plaas verlaat.
Net voor middagete het een van die mans getuig wat op die dag van die voorval gebeur het. Kruisondervraging van die eerste slagoffer sal na middagete hervat.
Lees 'n vorige artikel hier: Case against farmer postponed to 25 July
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'