MOSSELBAAI NUUS - Die Facebook-groep, Our Voices wat hulle onder meer beywer vir 'n meer vreedsame en nie-gewelddadige Suid-Afrika, het vandag, 14 Augustus 'n veldtog op sosiale media van stapel gestuur ter ondersteuning van die vermoorde Ainsley Hermanus se familie.
Hermanus se liggaam is op 20 Julie buite Gariepdam langs die N1 ontdek nadat hy op 17 Julie uit die dorpie vermis geraak het.
Deelnemers is versoek om #wearpinksaturday te ondersteun deur foto's op die groep se blad te plaas waar hulle pienk kleredrag dra.
Gerda Killian, adminstrateur van die groep wat meer as 260 000 lede het, het gese dat die veldtog gedoen word om bewusmaking aangaande moordstatistiek in Suid-Afrika te maak.
"Dit is 'n stille protes teen moord."
Killian is woonagtig in Johannesburg.
Foto's kan geplaas word op Our Voice se Facebookblad.
Sanger Michael Lindt het ook sy pienk gestreepte hempie aangehad.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'