Omstreeks 12:30 op Maandagmiddag is 'n oproep ontvang om 'n huisbraak te rapporteer.
Die Polisie het onmiddellik reageer en patrollie in die Tergniet en Klein Brak areas gery, op soek na die verdagte. Die patrollie het aanvanklik 'n ver-dagte opgemerk, maar hy het hulle aanvanklik ontglip. Verdere patrolliewerk het tot gevolg gehad dat die verdagte weer opgemerk en vasgetrek is met twee sakke volgestop met goed wat hy gebuit het.
Gesteelde goedere ter waarde van omtrent R12 000 is teruggevind. Die verdagte wat gearresteer is, is met drie ander voorvalle verbind.

Groot-Brakrivier SAPS bevelvoerder, Kapt TC le Roux (naasregs) wens haar span bestaande uit Ao Gerhard Crause, Kst Adele Engelbrecht, en Ao L Adams geluk met die puik arrestasie wat hulle uitgevoer het. Foto: Dave van der Merwe
ARTIKEL: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai | Tuinroete nuus'