Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die Afrikaanse mediese praktisyn, koskenner en welbekende digter, C Louis Leipoldt besing Oktobermaand as die "mooiste, mooiste maand".
Dit was die inspirasie en tema vir 'n sypaadjie-modeskou wat hierdie naweek in Marshstraat gehou is.
Die rooi tapyt is oopgerol voor die Monroe Teater en modelle getooi in die allermooiste vintage-uitrustings met kleurryke blomkrone op hul koppe, het die "loopplank" betree.
Na die sukses van die eerste sypaadjie-modeskou wat tydens vanjaar se Soul Festival in Augustus, wat in samewerking met Gemini Models and Talent Agency in Danabaai aangebied is, is daar besluit om hierdie geleenthede 'n gereelde instelling te maak. Modeskoue vir die feesseisoen is reeds in die beplanning.
Vinolia Snoek met haar blomkroon in woudgroen geklee.
Chanel en Chrissy wys, hoe rooier, hoe mooier.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'