GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot-Brakrivier Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se bestuurslede vir die volgende termyn is verlede week verkies.
Dié verkiesing is op 5 Desember by die NG Kerk op Groot Brak gehou.
Die nuwe lede van die GPF is:
Voorsitter: Jacky Carstens
Ondervoorsitter: Garnett Julies
Tesourier: Kowie de Kock
Projekkoördineerder: Enver Booysen
Sekretaresse: Elna Eloff
Kommunikasiebeampte: Zhané de Kock
Addisionele lede: Kobus Kuyler en Dewald de Kock
“Ek is opgewonde om deel van die span te wees en saam te werk om Groot-Brakrivier ’n veiliger en meer samehangende gemeenskap te maak,” het Carstens in 'n verklaring gesê.
In dieselfde verklaring het die GPF gesê hy het die afgelope jaar verskeie inisiatiewe geloods, en met die nuwe bestuur aan die roer, word daar verwag dat hulle die bestaande projekte sal versterk en nuwe planne sal implementeer om die gemeenskap se veiligheid verder te verbeter.
Die stasiebevelvoerder op Groot Brak, kapt Francois Henzen, het elke lid gelukgewens met hul verkiesing tot die GPF en gesê hy sien uit daarna om met hulle saam te werk in die termyn wat voorlê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’