Breaking News
GLENTANA NUUS - ‘n Motorfietsryer het vanmiddag beheer oor sy motorfiets verloor nadat hy na bewering vir provinsiale verkeerspolisie weggejaag het.
Groot-Brakrivier polisiewoordvoerder, sers Lauriane Botha, sê ‘n voorlopige ondersoek dui daarop dat verkeerspolisie gepoog het om ongeveer 13:00 die man van die pad te trek omdat sy motorfiets na bewering onder meer nie ‘n nommerplaat gehad het nie.
Die motorfietsryer was vanaf Albertinia in die rigting van Groot-Brakrivier.
“Verkeerspolisie het hom van die pad probeer trek, maar hy het na wat verneem word versuim om te stop. ‘n Jaagtog het ontstaan en die motorfietsryer het in die rigting van George gery toe nog ‘n verkeersvoertuig hom naby Glentana op die N2 probeer aftrek het,” sê Botha.
Hy het na wat verneem word beheer oor sy motorfiets verloor.
Die man se beserings is tans onbekend en hy is in ‘n plaaslike hospitaal onder polisiebewaking.
Sy ouderdom en identiteit is nog onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’