MOSSELBAAI NUUS - Jordan Sydon en Tyroyd Arendse (albei 13) is vir die Suid-Afrikaanse Skoleatletiekspan gekies.
Dié twee atlete gaan van 23 tot 28 Augustus aan die Konfederasie van Skolesportverenigings van Suid-Afrika se spele in Lobamba in eSwatini deelneem.
Hulle ouers het oor die naweek bevestiging ontvang dat die twee in die Suid-Afrikaanse atletiekspan opgeneem is. Jordan is gekies om in die o. 14's se hekkies deel te neem en Tyroyd in dieselfde ouderdomsgroep se 800 m-item.
Albei atlete het vroeër vanjaar medaljes by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Germiston ontvang.
Jordan is 'n gr. 7-leerder by Laerskool Park en Tyroyd by Diaz Primêre Skool.
Tyroyd en Jordan is verantwoordelik vir die dekking van hul eie kostes, wat R10 000 per atleet beloop.
Indien daar iemand of besighede is wat bereid is om hulle te ondersteun, kan hulle Tyroyd se ma, Sue-Ann Arendse, op 078 607 5505 kontak, en Jordan se ouer, Burn-Lee Sydon, op die nommer 073 580 9239.
Jordan Sydon. Foto: Gabriélla Siebritz
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’