Update
MOSSELBAAI NUUS - Die dertigjarige man wat van die verkragting en moord van die 16-jarige Jamie Lee Julius verdink word, sal weer op 14 Februarie in die Groot-Brakrivier-landdroshof verskyn.
Die verdagte, Johan Counter is kort nadat Jamie Lee se liggaam deur haar 20-jarige suster op Sondag, 29 Januarie langs 'n watertenk op die plaas Vadersgawe naby Friemersheim ontdek is, deur die polisie op Groot-Brakrivier in hegtenis geneem.
Counter het in Friemersheim gewoon en was op 'n plaas in die omgewing werksaam. Hy is oorspronklik van Noupoort.
Jamie Lee is verkrag en verwurg op Saterdagaand, 28 Januarie.
Counter het reeds een keer vlugtig in die hof verskyn en bly in aanhouding.
Vorige artikels:
- 3 jongmense vermoor, 3 in hegtenis
- Verdagte help om meisie se liggaam na stort te dra
- Verdagte in hof in verband met Jamie Lee se moord, verkragting
- Tiener wat verkrag en vermoor is se naam bekend gemaak
- Tiener naby Groot-Brakrivier verkrag en vermoor
Jamie Lee Julius
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'