MOSSELBAAI NUUS - Die hoeveelheid raadslede vir die Mosselbaai munisipale raad sal ná die algemene munisipale verkiesing in 2026 verander.
Dit volg na 'n kennisgewing in die buitengewone provinsiale koerant (Gazette) op 6 November gepubliseer.
Volgens die wet op plaaslike regering: munisipale strukture, bepaal die provinsiale minister vir plaaslike regering (Anton Bredell) die hoeveelheid raadslede in munisipaliteite.
Ná dié verkiesing sal Mosselbaai 33 raadslede hê, vier meer as die huidige 29.
Volgens die November raadsitem waar die verandering bekendgemaak is, moet daar kennis geneem word van die feit dat die toename in raadslede direkte en indirekte finansiële gevolge vir die munisipaliteit sal hê.
Dit sluit in die raadslede se vergoeding en ook die vergroting van die raadsaal om die toename in raadslede te akkommodeer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’