GROOT-BRAKRIVIER NUUS - 'n 46-jarige man is verlede week op Groot Brak in hegtenis geneem na dwelms in sy besit gevind is.
Die arrestasie volg na 'n opvolgoperasie deur die polisie uitgevoer.
Tydens die operasie is 602 mandrax tablette, sewe pakkies tik, 28 pakkies dagga en R15 100 gekonfiskeer.
Die man het reeds voor die hof verskyn, maar die uitslag van sy verskyning is nog onbekend.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’