MOSSELBAAI NUUS - ‘n 51-jarige man van Sonskynvallei word van die verkragting van minstens drie 8-jarige meisies verdink.
Die verdagte is tans in aanhouding en verskyn weer op Donderdag, 17 November in die Mosselbaai-landdroshof waarna daar na verwagting nog aanklagte by die klagstaat gevoeg sal word.
Die vermoede bestaan dat daar nog slagoffers is.
Volgens die polisie het die beweerde verkragtings vermoedelik oor ‘n geruime tydperk onder meer by die verdagte se woning in Sonskynvallei plaasgevind.
Een van die slagoffers is na bewering R5 betaal na afloop van een van die beweerde verkragtings.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'