MOSSELBAAI NUUS -'n Man (51) is vanoggend Vrydag, 28 Februarie, dood toe hy in die besige oggendverkeer die N2-snelweg oorgesteek het.
Die ongeluk het ongeveer 08:00 plaasgevind in die Powertown-omgewing. Die voetganger is glo deur ‘n Amarok-bakkie getref.
Inwoners van Powertown kruis gereeld die snelweg om besighede in Klein-Brakrivier te besoek.
Foto's: Noodlottige ongeluk op N2
Nooddienste en die Groot-Brakrivier-polisie sowel as die provinsiale verkeer het hulle na die toneel gehaas, maar die voetganger is op die toneel dood verklaar.
Verkeer is vir ‘n tyd lank in die rigting van Mosselbaai vertraag na aanleiding van die voorval.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'