MOSSELBAAI NUUS - Lede van die polisie se seegrenseenheid op Mosselbaai, het Vrydagaand, 13 April 'n 29-jarige man in hegtenis geneem wat glo by De Bakke perlemoen gestroop het.
Die optrede het gevolg nadat lede van die gemeenskap die man opgemerk het waar hy besig was om te duik en die polisie van die verdagte optrede in kennis gestel het. Tydens die inhegtenisname is daar op 31 stukke geskulpte perlemoen asook toerusting beslag gelê.
Die verdagte het ook glo Mandrax in sy besit gehad. Volgens inligting, is die verdagte, 'n plaaslike man, al 'n vorige keer met 17,7kg perlemoen aangekeer.
Die verdagte is deur sers Arno Cloete in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'