MOSSELBAAI NUUS - 'n Brand het ‘n jong ma en haar drie kinders dakloos gelaat.
Die brand het op 19 Augustus om 15:30 in Pakathita straat in KwaNonqaba ontstaan en alles in die huis verwoes. Instansies het dadelik aan die werk gespring en die gesin bygestaan met kos en die nodige.
Enige persoon wat dalk die gesin verder wil help - wat ‘n 3-jarige, ‘n 8-jarige asook ‘n 8 maande oue baba insluit - kan Shadrack Shishana skakel op 084 911 7379.
‘n Dankbare 23-jarige Thandeka Khedama met items wat sy ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'