GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Julio Agrella, skrywer en ’n ingesetene van die Tuinroete, het tydens die onlangse byeenkoms van die Grootbrak Leeskring oor homself en vier van sy boeke uitgewei.
Die boeke onder bespreking was Zeus van Wyngaardt en die godin van jag, Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin, Zeus van Wyngaardt en die Amasone van Atlantis en Zeus van Wyngaardt en die godin van deemoed.
Die bespreking is deur Chanette Paul, ’n ewe bekende skrywer, gelei. Saam met haar was Rina Swart, ’n bestuurslid van die leeskring.
Die volgende leeskringbyeenkoms is op Donderdag 12 Maart in die NG Kerksaal Groot-Brakrivier.
Hiér sal die skryfwerk van Allen Grootboom onder die loep kom. Cornelle Carstens lei die bespreking. Die geleentheid begin om 09:15 vir 10:00.
Die toegangsfooi is R100 vir lede van die leeskring en R120 vir nielede. Koffie en tee is by die fooi ingesluit.
Vir enige navrae oor die Grootbrak Leeskring, kontak Etty Bosman by 083 501 0845.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’