MOSSELBAAI NUUSFLITS - 'n Beampte van die departement korrektiewe dienste is vanaand omstreeks 18:00 by haar huis op die jeugsentrum se terrein deur 'n man, wat tot kort tevore by die sentrum aangehou was, aangeval in 'n poging om haar te beroof.
Volgens inligting het die vrou, wat in haar dertigerjare is, pas tuis gekom toe sy deur die jong man, wat onlangs op parool vrygelaat is, oorval is.
Die vrou word tans by 'n plaaslike hospitaal vir haar beserings behandel.
Lede verbonde aan die KwaNonqaba-polisie se misdaadvoorkomingseenheid, konstabels Doempie Duitsjan en Marcel Prinsloo, het die verdagte vasgetrek en gearresteer.
Die saak word ondersoek deur sersant Ndala (044 606 5600) van die KwaNonqaba-ondersoekeenheid.
Enige persoon met inligting oor die voorval word versoek om hom te kontak.
Lees meer oor die voorval in Vrydag se Mossel Bay Advertiser, asook aanlyn.
Konstabels Doempie Duitsjan en Marcel Prinsloo het die verdagte gearresteer.
Die KwaNonqaba-polisie op die toneel van 'n huisroof op die terrein van die departement korrektiewe dienste in Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'