Paasfees is die tyd van die jaar wat ons daaraan herinner word dat alle mense soms deur tye van nood gaan, en God se hart, vir ons mense klop - al is ons onder druk, pyn en nood.
"Kom deel hierdie ervaring waarin ons die Paasfees onthou, wat oploop om ons vol hoop te laat op Paassondag."
- Die Moedergemeente bied die volgende geleenthede vir almal om deel te raak van die Paasverhaal:
- Donderdag, 28 Maart om 18:30 in die kerkgebou – Stil Donderdag, waarin hul met stilword stasies prakties deel word van die Paasverhaal en veral die Kruisgebeure oordink.
- Vrydag, 29 Maart om 09:00 in die kerkgebou – Paasnagmaal
- Sondag, 31 Maart - Sonsopkomsdiens op Santosstrand om 06:30
- Opstandingsdienste om 08:00 en 10:00 in die kerkgebou.