Die ses hoërskole binne die groter Mosselbaai-area het byeengekom in die Raadsaal van die Mosselbaai Munisipaliteit om die Uitvoerende Bestuur van die Junior Jeugraad vir die tydperk 2014/2015 te verkies.
Elke skool het vier stemgeregtigde afgevaardigdes na die verkiesing gestuur.
Die verkiesing is gefasiliteer deur die OVK onder die wakende oog van Chris Balie, die OVK-uitreikingskoördineerder vanaf Kaapstad. Onder-
wysers van Hoërskool Punt, Curro Mosselbaai en Groot Brakrivier Sekondêr was teenwoordige en het ook opgetree as waarnemers tydens die verkiesingsproses.
Die verkiesingsuitslag was soos volg: Carmia James - Junior-Burgemeester (Hillcrest Sekondêre Skool); Chané Terblanche - Junior Onder-Burgermeester (Hoërskool Punt); Jade James - Junior Speaker, Ashley Moos - Junior Munisipale Bestuurder, Cuan Terblanche - Junior Uitvoerende lid vir Sport (Sao Bras Sekondêr); Darcia Bencsh - Junior Uitvoerende lid vir Jeugsake en Danica Barnard - Junior Uitvoerende lid vir Gemeenskapsdienste (Curro Mosselbaai).
Hierdie jongmense sal in samewer-king met die amptenary verseker dat jeugontwikkeling in die groter Mosselbaai deurlopend prioriteit geniet.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.
Die nuutverkose Junior Jeugraad vir 2014/2015.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'