Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Jeugdag talentkompetisie word op Vrydag, 16 Junie, by die e-Sentrumsaal in Sonskynvallei gehou.
Jeugdiges uit die gemeenskap wat verskeie skole en organisasies verteenwoordig, gaan by die talentvertoning te sien wees.
FOTOGALERY: Jeugdag Talentkompetisie in Sonskynvallei
Die Afrikaanse Christelike Vroue-vereniging (ACVV) van Mosselbaai, wat werksaam is in Sonskynvallei, bied saam met die Wes-Kaapse Regering se e-Sentrum, die kompetisie aan. Junique Rhode vertel dat die talentkompetisie spesifiek in Sonskynvallei aangebied word om vir die jeug te wys dat hulle uit hul omstandighede kan uitstyg en dat hul omgewing nie hul menswees hoef te bepaal nie.
"Hulle kan hul talente gebruik om soveel dinge te bereik en ons poog om Jeugdag 'n fun dag vir hulle te maak en hulle te bemagtig."
Daniele Jantjies sê dat die ouerleiding-
sessies wat die ACVV aanbied, baie meer
as voorheen deur die ouers ondersteun word en dat hulle ook nou vrae vra en betrokke raak.
Die talentkompetisie het reeds 20 inskrywings ontvang met sowat 30 deelnemers.
Dit begin Vrydag, 11:00. Kontak Rochelle (073 691 2428) of Daniele (062 128 9336) vir meer inligting.
VIDEO - Die jeugdiges van Sonskynvallei oefen hul danspassies vir die talentkompetisie op 16 Junie.
VIDEO - Junique Rhode en Daniele Jantjies, ACVV, oor die talentkompetisie in Sonskynvallei op Jeugdag.
Jeugdiges oefen hulle passies vir die talentkompetisie wat op 16 Junie, Jeugdag, in Sonskynvallei by die e-Sentrum gaan plaasvind.
Die jonge dames van Sonskynvallei is deel van 30 deelnemers wat ingeskryf het vir die talentkompetisie wat op Jeugdag gehou word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’