MOSSELBAAI NUUS - ‘n Gereelde gebruiker van die sleephelling (jetty) op Mosselbaai, het onlangs kommer uitgespreek oor die kostes daaraan verbonde om dié geriewe te gebruik.
Volgens hom vergelyk die pryse sleg met ander plekke s'n en is dit hopeloos te duur.
Persone moet beide die TNPA (Transnet National Ports Authority) betaal vir 'n permit asook die Skipper Foundation vir gebruik van dié hellings.
Elfie Holden, een van die direkteure van die Skipper Foundation, waaronder die bestuur van die twee sleephellings val, se^ die twee tariewe verskil omdat ander hellings moontlik in privaatbesit is of deur die munisipaliteit in daardie gebiede bestuur word. Sy se^ ook hulle het geen beheer oor die permitte nie.
Sy se^ die tarief wat hulle vra is omdat hulle 'n diens daar lewer.
Die Skipper Foundation se kostes aan die munisipaliteit en TNPA beloop ongeveer R51 000 per maand. Die TNPA se permitte is R260 vir bote korter as 6 meter en R510 vir bote langer as 6 meter.
Volgens die klaer is die permitte drie maande geldig, maar dit is egter vir ‘n jaar geldig. Jy moet dit egter aan die begin van April aanskaf. Sou jy dit byvoorbeeld nou wou kry, sou dit slegs geldig wees tot die einde van Maart.
Seisoen pryse
Van die Skipper Foundation se kant is daar dan binne en buite seisoen pryse asook 'n opsie om vir die jaar te betaal, verduidelik Holden. Die jaarlikse fooi R3 020. Alternatiewelik kan jy R250 per dag betaal.
Beide die´ pryse sluit die gebruik van die trekker uit om te help met lanseer. Holden se^ die gebruik van 'n trekker is opsioneel.
Binne seisoen (gedurende Desember en Januarie) kan gebruikers 'n onbeperkte hoeveelheid kere lanseer vir R1 800, of R370 per dag betaal. Dit sluit ook die gebruik van die trekker uit.
Holden sê die kostes is gebaseer op wat die bestuur voor hulle gevra het, en word verhoog soos hul huurbedrag ook verhoog.
Die klaer sê, “Daar word geen vergelyking getref tussen groot bote, medium bote of water ponies nie. Bv indien mens é sleepwa met 2 waterponies op het, betaal jy dan dubbeld = R740.”
Volgens Holden is dit een lanseer fooi as beide waterponies op dieselfde sleepwa is.
Die klaer se die pryse is te duur in vergelyking met ander kusdorpe soos Kaapstad, Yzerfontein en Wildernis en is ontevrede oor die feit dat beide hellings op Mosselbaai deur een entiteit beheer word.
Ontevredenheid
“Die publiek se ontevredenheid is dat mens vir beide Portnet asook Skipper Foundation moet betaal. En basies behoort hierdie twee jetties aan Portnet (wat dit onderverhuur).”
Holden sê hulle huur slegs by die TNPA en het niks met hul fooie te doen nie.
Die klaer meen ook gurende die afgelope twee jaar is daar ‘n merkbare afname in vaartuie in die water, veral waterponies.
Holden sê hulle het die afgelope drie jaar ‘n toename in watergebruikers. Ons laat egter net Kategorie E (een seemyl) waterponies op die water toe soos deur die wet toegeskryf.
Die klaer noem ook die kompetisieraad en die feit dat die Skipper Foundation beide hellings uitverhuur.
Holden sê by meeste sulke lanseer areas is daar slegs een helling wat deur een entiteit beheer word (soos op Stilbaai). Sy sê ook die ou seiljagklub se helling is nie in alle getye bruikbaar nie.
“Die Skipper Foundation is ‘n nie-winsgewende organisasie wat liefdadigheidswerk in die gemeenskap doen en is dus nie gefokus op wins nie, maar eerder op kostes dek.
Die TNPA sê sy permitte verseker dat die boot en die skipper korrek gesertifiseer is en, soos gelisensieer, binne die aangewese watergebied te werk gaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’