MOSSELBAAI NUUS - Twee leerders van Laerskool Park, Ingrid Keyser en Maja Corcoran het onlangs 'n uitsonderlike vertoning by die Mosselbaai Eisteddfod gelewer.
Die twee graad 4 leerders het op Woensdag, 14 Augustus aan die eisteddfod deelgeneem en 'n A++ erkenning vir hulle viool-duet ontvang.
Hulle opvoering word beskryf as 'n baie netjiese en afgeronde uitvoering.
Baie geluk Ingrid en Maja!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’