KLEIN-BRAKRIVIER NUUS - Die bekende sanger, Blackie Swart, se vrou en vennoot in die Blou Kombuis Restaurant, Mienkie Vorster, is op Dinsdag 17 Maart oorlede.
Die restaurant, geleë in Klein-Brakrivier, het hierdie hartseer nuus Woensdagmiddag op sy Facebook-blad gedeel.
“Blou Kombuis Restaurant gaan ongelukkig vir ’n rukkie gesluit wees. Ons eer Mienkie Vorster, ons vennoot, ons lig, ons vrolike baas/waitress/barlady en entertainer. RIV, beautiful soul. We miss you already ... so much.”
Vriende en besoekers aan die restaurant se reaksies het gewissel tussen hartgebrokenheid en skok. Medelye en huldeblyke oor haar vriendelike en spontane menswees, asook die groot leemte wat sy laat, stroom van oraloor in.
“Mag jou glimlag en sprankel soos vuurwerke in die hemel wees,” het Swart op sy eie Facebook-blad gesê.
By Mossel Bay Advertiser se navraag het hy gesê hy sal moontlik op ’n latere stadium ’n huldeblyk lewer, maar is nou nog nie daartoe in staat nie.
Die Groot-Brakrivier-polisie sê, volgens standaardprosedure, is ’n geregtelike doodsondersoek ná Vorster se afsterwe geopen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’