MOSSELBAAI NUUS - Twee vroue en drie kinders, 'n seun en twee meisies, is gisteraand in 'n botsing op Louis Fourieweg dood. Nog 12 mense is tydens die botsing beseer.
'n Voorlopige ondersoek dui daarop dat een van die voertuie regs vanaf Louis Fourieweg op die Danabaaibrug die afrit na die N2 wou neem toe die botsing reg van voor plaasgevind het.
Dit het om ongeveer 21:00 gebeur. Een van die voertuie het 'n GP-registrasienommer en die ander 'n CBS-nommer.
Die identiteit van die oorledenes is nog nie bekend gemaak nie.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’