Gallery
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Groot-Brakrivier Sekondêr se matrieks van 2024 het die skool se naam hoog gehou met hul matriekuitslae vanjaar.
Die skool het 'n 95.9% slaagsyfer behaal, dieselfde as die vorige jaar.
Personeel en geloofsleiers uit die gemeenskap het elke leerder hartlike geluk gewens.
Jazmin Speelman is Groot Brak se toppresteerder met 'n gemiddeld van 74% en 'n skitterende drie onderskeidings vir Afrikaans, Engels Eerste Addisionele Taal en lewenswetenskappe.
Sien meer foto's hier: Groot Brak matrieks verheug
Vir die lewendige uitsending op Facebook, klik hier.
Die skool het 'n 100% slaagsyfer vir die volgende vakke: Afrikaans, rekenaartoepassingstegnologie (RTT/CAT), verbruikerstudies, Engels Eerste Addisionele Taal en Toerisme.
Waar leerders nie die mas kon opkom nie, het spreker na spreker hulle aangemoedig om nie op te gee nie en gebruik te maak van die tweede kanse wat vir hulle beskikbaar gestel word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’