GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die polisie op Groot-Brakrivier waarsku inwoners oor die toename in koperdiefstal.
Stasiebevelvoerder, Kaptein Francois Henzen, sê inwoners, veral diegene met vakansiehuise, moet hul buurtwagte of sekuriteitsmaatskappye in kennis stel wanneer hulle nie by die huis is nie aangesien diefstal van koperkrane en -pype dikwels dan plaasvind.
Buite toilette, of pype of krane wat andersins buite geleë is, is dikwels maklike teikens.
'n Ontwettige handelaar is onlangs gearresteer met 'n pryslys van wat diegene kan ontvang, wat koper en ander materiale na hom bring.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’