GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die Groot Brak-leeskring sluit hulle jaar af met 'n interessante oggend op 16 November by die Peperboom restaurant in Groot-Brakrivier.
Die Tema is 'Die taal van my hart' en die oggend se program word saamgestel deur die digter en vertaler, Daniel Hugo en Marlene Hugo-Malan.
Die digter Hannes Visser sal ook van sy eie gedigte voorlees. Dis voorwaar 'n oggend van musiek, prosa, poësie en boeke.
Daniel Hugo en Marlene bekoor met voorlesing, afgewissel met lirieke van onder andere Breyten Breytenbach, Anna Davel, Koos Kombuis, Stef Bos, Johannes Kerkorrel en vele meer.
Die klankversorger is Adam du Plessis en hy is ook in beheer van die musiek-speellys. Daar sal 'n feestafel van boeke van Protea- en Turksvy-uitgewers wees vir aankope met die oog op die komende Kersgety.
Dit is 'n oop geleentheid en lede van die publiek is baie welkom om die dag saam met die klublede deur te bring.
Die geleentheid begin om 09:00 en die program sal om 10:00 begin.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'