Update
GROOT-BRAKRIVIER NUUS - Die kerkklok wat 45 jaar oud is en wat uit die kerktoring van die Verenigende Gereformeerde Kerk op Groot-Brakrivier gesteel is, is Woensdag op 'n skrootwerf in George gevind.
'n Ondersoekbeampte van die Groot-Brakrivier-polisiestasie, kst Laurianne Botha het die klok by die skrootwerf opgespoor.
Die omstandighede van die voorval word ondersoek.
Die klok is intussen deur die polisie aan dominee Benjamin Roelfse oorhandig.
Roelfse was oorstelp van vreugde om die kerkklok terug in ontvangs te neem.
Dominee Benjamin Roelfse ontvang die kerk se klok by Sersant Lauriane Botha by die Groot-Brakrivier-polisiestasie.
Vorige artikel: Kerkklok gesteel
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'